Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

Kinders dink anders as grootmense

 

Deur Elizma van der Smit    B.A., B.A. Honns.,M.A. Klin. Psig. (PU vir CHO), M.Phill (PPL) (RAU)

 

 

  1. 1.       In watter opsigte is kinder sanders as grootmense?  Hoekom vergeet ons dit so gou?

Sielkunde professor Yuko Munakata se navorsing bevestig dat kinders en hul ouers heeltemal verskillend dink.  Die rede hoekom hul nie vir ons luister wanneer ons vir hul iets vra om te doen nie, is nie omdat hul ons nie glo nie of omdat hul “vergeet”nie (of omdat hul ons wil frustreer nie), maar hul breintjies stoor inligting tot ‘n latere tyd wanneer dit benodig word.


Kinders is dus nie klein grootmensies nie en daarom kan hul nie komplekse en abstrakte idees verstaan nie.  Soos wat kinders groei, kan hul meer en meer konkrete idees verstaan soos wat hul meer inligting en ervaring deur hul sintuie opbou.

Inteendeel, jou kind sal nie soos jy kan dink nie tot omtrent sy vroee twintigs!  (dit is eers dan wanneer die volwasse brein ten volle ontwikkel is!)


Elke ouer weet hoe dit voel om gefrustreerd met ‘n kind te wees.  Om ‘n kind groot te maak is baie veeleisend en vereis al die emosionele energie wat jy het!  Tog is die feit dat ons en ons kinders mekaar misverstaan, meesal nie die kinders se fout nie.  Kinders is kinders en hul gedrag is dikwels “omdat hul nie van beter weet nie”.  Vir ons as ouers help dit dus baie om meer te leer van ons kinders en hul dinkwereld en om hul sodoende beter te kan verstaan.


  1. 2 Hoe kinders dink oor tyd?

Tyd is ‘n abstrakte konsep en klein kinders weet nog nie hoe lank ‘n minuut is nie, wat nog te se 2 minute of 20 minute!  Vir hul is 2 dae net so lank soos 2 weke.  Wat baie help is om tyd visueel voor te stel (soos met uurglasie of almanak waar ons slapies kan aftel).  Dit help ook om meer spesifiek te wees byvoorbeeld “na slaaptyd sal ouma kom kuier” of “die kos sal klaar wees as jy 2 liedjies gesing het”.  Stel jou kinders ook vroeg voor aan die ure van die dag, dae van die week, maande van die jaar.  Tog neem dit jare vir kinders om die konsep van tyd te verstaan en daarom moet ons baie geduldig wees as hul nie reageer as ons se “ons is laat!” nie – of jy het “5 minute”!

 

  1. 3.Hoe kinders dink oor stilsit?

Die rede waarom kinders nie stilsit nie, is nie omdat hulle rebels is en gesag wil ondermyn  nie.  Hulle beweeg net, en hul beweeg omdat hulle nodig het om te beweeg.  Dit maak hul sterker en slimmer.  Sommige kinders kan regtig nie lank stilsit nie aangesien  stilsit  nie ‘n kognitiewe taak soos spelling is nie, maar dit is wel ‘n fisiese vaardigheid wat van afhang van ‘n klomp faktore.  Hierdie faktore sluit in balans, fisiese sterkte, geestelike waaksaamheid, oefening wat ‘n kind onlangs gehad het, beheer van asemhaling, voeding, rus sowel as hul neurologiese funksionering.  Indien daar probleme met enige van hierdie faktore is, sal die kind nie in staat wees om te kan stilsit nie.  Ons as ouers moet ook ingdagte hou dat dit nie gesond is vir kinders om stil te wees nie!  Dit benadeel het fisiese, emosionele en kognitiewe ontwikkeling.  Die mens was biologies daarop ingestel om te jag, vis te vang, te plant, bymekaar te maak, water te dra, lang afstande te loop, op die uitkyk te wees vir roofdiere maw ons was gemaak om aktief te probeer oorleef en nie om ‘n stoele heeldag te sit nie!


Dit is dus nie realisties om van ‘n kind te verwag om heeldag stil te sit sonder die nodige oefening en speeltyd buite nie en ook nie sonder die nodige voeding wat hul lyfies benodig nie.  Indien jou kind sukkel om stil te sit, gee vir hom elke dag baie oefening en speeltyd buite, maak seker hy kry genoeg slaap en verminder lekkers en kosse met min voedingswaarde.  Sit jou elektriese apparate af en voorsien jou volle aandag!  Voor jou kind kan stilsit, moet hy eers beweeg (onthou dit gerus wanneer jy jou kind weer kerk toe neem)!


  1. 4.     Hoe kinders dink oor speel?

Klein kinders kan nie onderskei tussen fantasie en die “regte wereld” nie.  Hul kan nie na ‘n nagmerrie wakker word, slukkie water neem en dit van hul skouers afskud nie.  Vir hulle het dit werklik gebeur en kan dit hul vreeslik ontstel.  Ook hul fantasie speletjies is vir hulle baie werklik.

Kinders verstaan nie wetenskaplike beginsels nie, maar glo in “towerkragte”.  Mamma kan “toor” as sy ‘n kraan oopdraai en daar kom water uit!  Gedurende speeltyd gaan hul egter “wetenskaplik” te werk.  Hul maak voorspellings, voer mini eksperimente uit en verander hulle denke volgens die bewyse en so word daar “geleer”.

Probeer om nie jou kind se oortuigings te spot of om dit as belaglik af te maak nie.  Dit is hoe hulle speel, leer en ontwikkel.  Maak ook seker dat jou kind genoeg tyd het om te speel, veral buite!


  1. 5.     Hoe kinders  dink oor die toekoms?

Kinders is nie beplannertjies nie.  Dit is nie vir hul moontlik om regtig iets te verstaan of the prosesseer indien hul nie ‘n ervaring gehad het waar die inligting benodig is nie.


Kinders  het akute waarnemingsvermoe, hulle is eksperts in sien, hoor, voel, dink en verbeel – maar hul kan nie op hierdie waarnemings reflekteer nie.  Met ander woorde hul kan nog nie dink oor hul denke en kan dus ook nie voorspel en beplan nie.  Hierdie proses kan glad nie aangejaag word nie en mettertyd leer die regterbrein (wat prosesseer) beter kommunikeer met die linker brein (wat analiseer) wat dan beter insig tot gevolg het.


Ons kan ons kinders help deur moeite met ons verduidelikings te maak.  Moenie net se “moenie met ‘n suigstokkie in jou mond op die klimraam speel nie”, maar verduidelik hul hoekom jy so se.  Dit help hul met die ontwikkeling van oorsaak en gevolg.  Stel jou kind ook bloot aan soveel as moontlik ervarings (binne veilige konteks) om sodoende sy ervaringsveld te verbreed byvoorbeeld wys hul hoe sneeu lyk in plaas van om net daaroor te praat!


  1. 6.     Hoe kinders dink oor pyn en hartseer?

Kinders word baie geaffekteer deur ander se hartseer, selfs ‘n baba sal huil wanneer hul ‘n ander baba hoor huil!

Kinders is ook geneig om hul hartseer te wys, eerder as om daaroor te praat.  Hul hartseer kan dus gesien word in hul gedrag, spel en interaksies.

Kinders rou ook in klein doserings aangesien hul nie emosionele pyn kan hanteer nie.  ‘n Kind kan dus een oomblik hartseer wees, en die volgende oomblik speel en lag.  Dit beteken egter NIE dat hul nie meer hartseer is nie.

Sommige kinders lyk weer asof pyn en hartseer hul glad nie affekteer nie.  Dit is wanneer kinders die pyn blokkeer in ‘n poging om hartseer gevoelens te vermy of hul steek dit weg sodat mamma of papa nie hartseer moet wees nie.

Erken ‘n kind se hartseer (al kan jy dit dalk nie sien nie) en verseker hom van jou liefde en ondersteuning.


  1. 7.     Hoe kinders dink oor hul basiese behoeftes?

Die kind se seining is egosentries en kan daarom nie enigie iemand anders se perspektief, behalwe hul eie verstaan nie.  Dit is nie omdat hul dink die wereld draai om hulle nie, dit is net dat hul dink alle ander mense het dieselfde emosies, denke en ervarings as hulle.


Die manier waarop ons as ouers in ons kind se behoeftes en eise voorsien, leer ons kind omtrent sy wereld en hoe om daarop te reageer.  So leer kinders om veilig en geliefd te voel (of nie).  Indien ons as ouers ons kinders se basiese behoeftes ernstig opneem help ons hul ontwikkel tot stabiele gesonde volwassenes.  Volgens Sielkundige Abraham Maslow moet ‘n kind se biologiese behoefte om kos, water en slaap heel eerste in voorsien word. Genoeg tyd om te beweeg en te speel val ook in hierdie kategorie. Tweedens moet ons seker maak hul voel en is veilig.  In hierdie geval is dit uiters belangrik dat ons as ouers ‘n voorbeeld stel in selfbeheer, maak nie saak hoe kwaad ons word nie.


  1. 8. Hoe kinders dink oor probleme?

Weet dat een van jou kind se grootste behoeftes, is om jou as ouer tevrede te stel.  En al lyk dit nie so nie, kan kinders baie skuldig en hartseer voel indien hul dit nie regkry om jou tevrede te stel nie.


Die menslike brein is soos ‘n rekenaar en ontvang inligting deur middel van die sintuie.  Hierdie inligting word dan geinterpreteer en ‘n respons word gegenereer.  Kinders leer baie beter indien klein stukkies inligting aan hul voorsien word, tesame met ‘n geleentheid om te probeer (en dus waar te neem deur sintuie).

Byvoorbeeld kan jy baie met jou kind oor krieket gesels, maar dis eers wanneer hy self daar staan, dat hy moet sien hoe die bal na hom toe kom, waar sy liggaam is, weet wanneer om die kolf te swaai ens.  Hierdie resultate word dan gestoor en kan hy in die toekoms met oefening verbeter.   Dit is net so vir probleme, waardes, gedrag ens.    Ons moet ons kinders dus in klein sarsies leer, vir hulle ‘n voorbeeld stel en ook die geleentheid om self dinge te probeer.