Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

KONFLIK IN MY VERHOUDING

 

  1. Deur Elizma van der Smit    B.A., B.A. Honns.,M.A. Klin. Psig. (PU vir CHO), M.Phill (PPL) (RAU)

  1. 1.        Hoekom is konflik deel van verhoudings?

Almal van ons het nodig om verstaan, versorg en ondersteun te word.  Maar ons verskil in wat ons nodig het om versorg en ondersteun te word – met ander woorde ons behoeftes verskil en daarom ervaar ons konflik.  Konflik ontwikkel ook wanneer ons bedreig voel op een of ander manier en daarom moet dit aangespreek word, of ons nou saamstem of nie!

 

  1. 2.       Kan konflik goed wees?

Konflik is ‘n normale deel van menslike gedrag.  Inteendeel, ‘n verhouding met gereelde konflik kan selfs ‘n gesonder wees as een waar daar min of geen konflik is.  Die rede daarvoor is dat ons konflik kan gebruik om probleme uit te sorteer en daarom kan dit lei tot groei en ontwikkeling binne ‘n verhouding.  Konflik is bloot ‘n botsing tussen verskillende perspektiewe en persoonlikhede.  Ons is elkeen soos ‘n ysberg.  Daar is ‘n gedeelte wat almal kan sien, maar daar is ‘n berg emosies, ervarings, gedagtes, hartseer ens. onder die oppervlakte wat veroorsaak dat ons verskillende sienings oor dinge het.  Konflik stel ons in staat om meer van die ysberg onder die water te leerken  en om onsekerhede uit die weg te ruim sodat die verhouding kan versterk..  Konflik is dikwels ook aanduiding dat iemand gnoeg vir die verhouding omgee en dat hy/sy belangstel om die verhouding te beskerm.


  1. 3.       Wanneer is konflik sleg?

 Dit is nie die teenwoordigheid van konflik wat skadelik vir ‘n verhouding is nie,  maar wel die ongesonde hantering en/of vermyding van daarvan wat verhoudings ten gronde laat gaan! 

Wees ook  bedag op die volgende voorbeelde van ongesonde konflikhantering:

 

  1. 4.       Watter waarde het “dink voor jy praat” in verhoudings?

Wanneer jy geneig is om konflik te vermy of indien jy of jou maat gewoonlik oormatig hartseer of kwaad word – oorweeg die volgende vrae:

Indien jy bevestigend kan antwoord, neem ook tyd om jou gedagtes en argumente rondom die probleem te formuleer voor jy die aspek aanspreek.  Skryf ‘n brief as dit moeilik is om jou punt oor te dra tydens ‘n konfliksituasie.  Jy kan selfs verder gaan en die konfliksituasie “oefen” of visualiseer hoe jy dit sinvol hanteer. Maak ‘n afspraak en bespreek die aangeleentheid oor koppie koffie of selfs in openbare plek indien dinge geneig is om hande uit te ruk.  Hanteer die konfliksituasie soos ‘n vleis toebroodjie:  eers ietsie mooi en sag, dan die vleisie (probleem) en eindig weer met iets sags.  Dit maak dit makliker vir ander om na jou te luister.  Vermy woorde soos “nooit”; “altyd” ens.


  1. 5.       Watter reels moet daar wees vir konflikhantering in jou huwelik? 

 

 

  1. 6.       Wanneer moet ons halt roep in konflikhantering?  Wat moet jy doen as dinge hand uit ruk?

Dit is uiters belangrik om kalm te bly tydens konfliksituasies en daarom, as een van jul oormatig kwaad of hartseer word, vat ‘n breuk.  Ontlont moeilike situasies deur byvoorbeeld ‘n nie-dreigende houding en ‘n kalm, rustige stemtoon.  Vra omverskoning indien jy die grense oortree het. (Onthou ‘n verskoning is geen verskoning as daar “maar” in jou apologie voorkom nie!!) 

Jy kan ook van die ontlontings-tegniek gebruik maak indien ‘n argument hande uit ruk.  Selfs al het die ander persoon 100 argumente teen jou, hou jou fokus op die gevoel van die ander persoon eerder as die detail.  Die tegniek behels dus dat jy die woede (of hartseer) moet raaksien en valideer, al stem jy nie saam nie.  Byvoorbeeld, “ek kan dink dat jy ongelukkig is daaroor”.


Probeer weer die saak aanroer wanneer julle kalmer is, maar kry hulp wanneer dit voel of jul vashaak en dat dinge nie uitgestryk kan word nie.  Hoe langer mens wag, hoe moeiliker word dit!