Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

OM VIR JOUSELF OP TE STAAN

 

Deur Elizma van der Smit    B.A., B.A. Honns.,M.A. Klin. Psig. (PU vir CHO), M.Phill (PPL) (RAU)


1.        Wat veroorsaak dat ons sukkel om vir onsself op te staan?

 

Moontlike redes sluit in:

 

 

  1.  Is dit beter om vir jouself op te staan of om tuis stoom af te blaas?

Dit hang af van die situasie en in watter mate jou persoonlike regte misken word.  Stoom afblaas verrig wondere, veral binne omstandighede waaroor ons glad nie beheer gehad het nie.  Waak egter daarteen om jou frustrasies op iemand uit te haal op ‘n wyse wat weer daardie persoon se regte misken.  Moenie van iemand ‘n asblik van jou gevoelens maak nie!  Indien jou persoonlike regte misken word, moet jy verantwoordelik genoeg wees om vir jou regte op te staan.  Volgens Jakubowski & Lange (1978) sluit dit die volgende in:

Indien jy jouself hierdie regte misken, ontken jy ook jou eie menslikheid wat dikwels tot opgekropte woede, hartseer en bitterheid lei.


  1. 3.       Hoe pick ‘n mens jou battles?

Volgens Dr Richard Carlson, skrywer van “don’t sweat the small stuff...and it is all small stuff”, is die lewe gevul met geleenthede om te kies of jy ‘n groot storie van ‘n ding wil maak en of jy dit liewers wil “laat gaan”.  As jymoet baklei, doen dit vir iets waaroor jy baie sterk voel en wat werklik vir jou as mens saak maak.  Die lewe is bitter min soos ons dit wil he en mense tree gereeld op op wyses wat ons nie aanstaan nie. Daar sal altyd mense wees wat van jou verskil en wat dinge anders doen as jy.  Maak die keuse om nie vasgevang te word in ‘n ander mens se drama nie.  As jy altyd wil baklei vir jou “perfekte wereld” gaan jy die grootste gedeelte om baklei.  Elke mense moet besluit watter “battles” die moeite werd is om voor te baklei en watter nie.  Laat dinge gaan wat jou nie aanstaan nie en waaroor jy geen beheer het nie.  Marte Driesslien som dit mooi op deur te noem “strategically choose the battles that are worth the wounds”.


  1. 4.       Wat is die beste manier om sekere situasies te hanteer?

Oorweeg die volgende scenario’s:

  1.  ‘n winkelklerk behandel jou onbeskof
  2. ‘n vriending maak ongevraagde opmerkings (oor jou gewig of ouerskapstyl)
  3. ‘n kollega jak jou af omdat sy/haar opinie van jou verskil
  4. ‘n vriendin weier om “nee” vir ‘n antwoord te aanvaar en maak misbruik van jou
  5. ‘n vriend maak onbeskofte aanmerkings oor jou op facebook

Besluit oor watter scenario jy baie sterk voel en watter nie.  Wanneer iets nie regtig vir jou saak maak nie laat dit soos water van ‘n eend se rug van jou afrol en weier volstrek om ander mense se “gif” te drink.  Indien dit wel baie persoonlik vir jou is, volg die stappe in nr 5.


  1. Hoe kan ‘n mens jouself leer om vir jouself op te staan?

Om op te staan vir jouself impliseer dat jy seker maak dat mense jou respekteer en dit voorkom dat mense jou manipuleer.  Assertiwiteit is nie iets wat oornag gebeur nie, maar dit is iets wat ons moet oefen sodat ons met tyd al hoe sterker kan word.  Begin by die volgende stappe:

 

  1. Praat duidelik en tot die punt.  Vermy lang verduidelikings.
  2. Kyk die ander persoon in die oe, sit regop en behou ‘n kalm stemtoon
  3. Moenie omverskoning vra nie.
  4. Wees  vriendelik, dog ferm.
  5. Probeer ontspan en vermy dit om kwaad te word.
  6. Wanneer jy nie seker is of jy jouself  moet verdedig nie, doen dit in elk geval en reflekteer later daaroor.
  7. Moenie skree of iemand dreig nie.
  8. Neem iemand saam vir ondersteuning.

Onthou om te oefen!  Moenie moedeloos raak as dit moeilik is nie.  Om ou lewenspatrone te herstruktureer neem tyd en is dikwels ongemaklik en selfs pynlik!